Witblits en Peach Brandy is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1978 vrygestel is. Die vervaardiger is Martin Linder en die regisseur Dirk de Villiers.

Genre Die rolprent is 'n komiese drama. Dit het geen ouderdomsperk nie en is geskik vir die hele gesin.

Hoofrolspelers Don Leonard as Oom Koos. Rina Nienaber as Sopie. Bob Courtney Tobie Cronjé en andere.

Storielyn Die storie speel in die Laeveld af en gaan oor die onwettige stook en bemarking van die heilige voggies, alombekend as Withond. 'n Drankoorlog breek tussen twee knorrige ou mans uit - dis 'n Boer teen 'n Engelsman.

Oom Koos en sy dogter, Sopie, maak 'n goeie wins uit die verkoop van hul witblits wat hulle in groot geheim in die vallei stook en aan die plaaslike hoteleienaar verkoop. Maar op 'n dag weier Solly om hul voorraad te koop. Hy het 'n nuwe verskaffer, en hierdie peach brandy is net so lekker as Oom Koos se witblits – net goedkoper. Oom Koos is onthuts en dit ontaard in 'n drinkkompetisie om te sien wie se voggies die beste is.

Baie gou is Oom Koos en die Kolonel aanmekaar, en moet Sopie en Peter, die Kolonel se seun, net keer voor hul pa's mekaar opfoeter en die plaaslike polisiesersant snuf in die neus kry.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente