Die Departement van Basiese Onderwys is een van die departemente van die Regering van Suid-Afrika. Dit is verantwoordelik vir primêre en sekondêre onderwys in Suid-Afrika. Die departement is in 2009 geskep na die verkiesing van president Jacob Zuma, toe die voormalige Departement van Onderwys onderverdeel is.

Die politiese hoof van die departement is die Minister van Basiese Onderwys. Vanaf Mei 2009 tot Junie 2024 beklee Angie Motshekga die pos. Sy is daarna opgevolg deur Siviwe Gwarube. Die departement se hoofkantoor is in die Sol Plaatje-huis, wat vernoem is na die skrywer Sol Plaatje, in Pretoria."Contact Us." Department of Basic Education. Besoek op 18 November 2011. "Fisiese adres: Sol Plaatje-huis 222 Struben Straat Pretoria 0001"

In die nasionale begroting van 2010 het die departement 'n bewilliging van R6 166,2 miljoen ontvang, met 730 werknemers by sy hoofkantoor. Meeste van die departement se dienste en funksies is afgewentel na die provinsies, distrikte en onderwyskringe.

Verwysings

Eksterne skakels Die departement se amptelike webtuiste

Kategorie:Onderwys in Suid-Afrika Kategorie:Regering van Suid-Afrika