Tobie Cronjé (gebore 3 November 1948) is 'n gewilde Afrikaanse akteur op verhoog, TV en in rolprente.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer. Daarna het hy vir 'n motorversekeringmaatskappy gewerk en musieklesse gegee.
Cronjé is veral bekend vir sy spel in klugte soos My vrou se man se vrou en My vrou se man se lyk se tas, en sy jaarlikse vertolkings van "dames" in Janice Honeyman se pantomimes vir die Nelson Mandela-teater in Johannesburg. Hy is egter ook ’n sterk dramatiese speler, soos hy bewys in die titelrol van Chris Barnard se Man met vakansie en in ander rolle in onder meer Die rebellie van Lafras Verwey en I Love My Wife.
Hy maak sy debuut in die rolprent Die sersant en die Tiger Moth. Ander snaakse flieks, soos Babbelkous en Bruidegom (1974) en Kootjie Emmer (1977), het sy gewildheid verder laat toeneem.
Cronjé het reeds in die beginjare van plaaslike televisie ’n huishoudelike naam geword, as Willem in ’n gelyknamige komiese speurreeks. Daarna het hy in talle TV-produksies, soos Binnelanders en Onder draai die duiwel rond verskyn.
Filmografie Rolprente (as akteur): Môre, Môre, 1973 Die Kwikstertjie, 1974 Babbelkous en Bruidegom, 1974 Die Sersant en die Tiger Moth, 1974 Wat maak oom Kallie daar, 1975 Witblits en Peach Brandy, 1976 Erfgoed is Sterfgoed, 1976 Kootjie Emmer, 1977 Kom tot Rus, 1977 Plekkie in die son, 1979 (as Piet Fieks) Herfsland, 1979 Options, 1989 as Rajid Any Man's Death, 1990 as Johann Being Human, 1994 as Dario Inside Out, 2000 Pets as Hyper, 2002 Promised Land, 2002 as Fanie Raubenheimer Die spook van Uniondale, 2014
TV-reekse (as akteur):
Auf Achse as Georg Lohnes (1983) Koöperasiestories, 1983 as Josef Die avonture van Joachim Verwey, Sonneblom, 1981 Egoli: Plek van Goud, KykNET, 2001–2002 as Pietie 7de Laan, as Connie se oom Hugo, 2019 Amalia, KykNET as Sakkie Olwage Willem, SAUK as die deurmekaar speurder 1976 Binneland, KykNET as Kallie Koster
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria