Tamil Nadu (Tamil: தமிழ் நாடு, Tamil Nāṭu, [t̪ɐmɨɻ na ː ɽɯ], ), tot in 1969 Madras, is een van die 28 deelstate van Indië. Die hoofstad en grootste stad is Chennai (met 'n bevolking van 6 500 000 in 2010). Van die ander groot stede is Coimbatore, Madurai en Tiruchirappalli. Volgens die 2011-sensus het Tamil Nadu 'n bevolking van 72 147 030 gehad en is dus die sesde mees bevolkte deelstaat in die land.
Tamil Nadu lê in die suidelike deel van die Indiese subkontinent en word deur die uniegebied Puducherry en die deelstate Kerala, Karnataka en Andhra Pradesh begrens. Dit word ingeperk deur die Oos-Ghats in die noorde, die Oos-Ghats, Nilgiri ("blou berge"), Anamalai ("olifantheuwels") en Palakkad-distrik (na die palaboomwoud vernoem) in die weste, deur die Golf van Bengale in die ooste, die Golf van Mannar, die Lonen-seestraat in die suidooste en deur die Indiese Oseaan in die suide.
Tamil Nadu is die elfde grootste deelstaat in Indië en die sewende mees bevolkte deelstaat. Die vierde grootste bydraer (2010) aan Indië se Bruto binnelandse produk en lê tiende in Menslike-ontwikkelingsindeks vanaf 2006. Tamil Nadu is ook die mees verstedelike deelstaat in Indië. Die deelstaat het die hoogste aantal (10,56%) sake-ondernemings en staan tweede in die totale indiensneming (9,97%) in Indië, in vergelyking met die bevolkingaandeel van ongeveer 6%.
Die streek is die tuiste van die Tamil-bevolking sedert ten minste 500 v.C. Die amptelike taal Tamil word al vir meer as 2000 jaar in inskripsies en letterkunde gebruik. Tamil Nadu is die tuiste van baie natuurlike hulpbronne, Hindoetempels van Drawidiese argitektuur, aanskoulike bergpasse, strandtoevlugte, multi-religieuse bedevaartsoorde en agt Unesco-wêrelderfenisgebiede.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf