Spitsbergen is die grootste eiland van die Noorse eilandgroep Svalbard met 'n oppervlakte van 39 044 km² en 'n bevolking van 2 698. Dit is ook die grootste eiland van Noorweë, die wêreld se 36ste grootste eiland en die enigste een van die argipel, wat permanent bewoon is. Die eiland vorm die westelike deel van die argipel en grens aan die Arktiese Oseaan in die noorde, aan die Groenlandsee in die weste en aan die Noorse See in die suide.

duimnael|links|Kaart van die eiland Spitsbergen Totdat die Spitsbergenverdrag in 1920 onderteken is, is die hele argipel in Noors Spitsbergen of Westspitsbergen genoem en sedertdien is die amptelike naam daarvan Svalbard.

Die hoofstad en grootste stad is Longyearbyen en die hoogste bergspits is die Newtontoppen met 'n hoogte van 1 1713 m. peakbagger.com: Newtontoppen, Svalbard

Nedersettings Barentsburg (Russiese mynbou- en toerisme-nedersetting) Grumant (verlate mynbou-nedersetting) Longyearbyen (hoofstad) Ny-Ålesund (navorsingstasie) Ny-London (verlaat) Pyramiden (verlaat na 1998) Smeerenburg (op die aflandige Amsterdam-eiland, verlaat na 1660) Svea (mynbou-stasie)

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Svalbard