Mthonjaneni is 'n nedersetting in landelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit kyk uit oor die Mkumbanerivier ("rivier van die leegte"). Die dorpie is naby Melmoth en is baie belangrik vir die Zoeloegemeenskap. Hulle glo dat die Zoeloevolk se oorsprong by die dorp geleë is. Volgens oorlewering het Zulu kaNtombhela, 'n voorvader van Shaka, die Zoeloenasie hier begin.
Sien ook Dingaan se fontein Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995.
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal