Hoërskool Nelspruit is 'n Afrikaans sekondêre skool wat in Nelspruit (in Mpumalanga) geleë is. Skoliere verwys na hulleself as Nellies.

Geskiedenis Die skool is in 1916 gestig en het bestaan uit beide 'n hoër- en laerskool. Reeds in 1933 het die gedagte ontstaan dat die junior- en seniorleerlinge geskei moet word. Die eerste matriekeindeksamen is in 1948 hier afgelê. Die eerste geboue van die huidige Hoërskool Nelspruit is in 1952 voltooi en in gebruik geneem. Die oorspronklike geboue word nou deur Laerskool Nelspruit gebruik.http://www.nelliesh.co.za/geskiedenis.html

Vakpakkette

Graad 08 tot 09 Leerders is vir die twee grade verplig om die volgende vakke te neem: Afrikaanse geletterheid Engelse geletterheid Tegnologie Wiskundige geletterdheid Natuurwetenskappe Kuns en kultuur Ekonomiese en bestuurswetenskappe Lewensoriëntering

Graad 10 tot 12 Leerders moet aan die einde van graad 9 'n keuse maak tussen vakpakette wat 7 (of meer) van die volgende vakke insluit:

Verpligte vakke Afrikaans huistaal Engels eerste addisionele taal Lewensoriëntering Wiskunde akademies of Wiskundige geletterdheid Keusevakke Fisiese wetenskappe (Natuur- en skeikunde) Lewenswetenskappe (Biologie) Inligtingstegnologie Rekenaargebruikerstegnologie (Rekenaarstudie en rekenaartik) Rekeningkunde Besigheidstudies (Bedryfsekonomie) Gasvryheidstudies (Hotelhouding en spyseniering) Ingenieursgrafika en -ontwerp (Tegniese tekene) Siviele tegnologie (Houtwerk) Toerisme Geografie

Koshuise Hoërskool Nelspruit beskik oor twee koshuise byname Huis Hermann Davinhttp://www.nelliesh.co.za/huis-hermann-davin/ en Huis Mare.http://www.nelliesh.co.za/huis-mare/

Verwysings

Eksterne skakels Hoërskool Nelspruit se amptelike webtuiste

Kategorie:Skole in Mpumalanga