Pearly Beach is 'n vakansiedorpie aan die Atlantiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is suidoos van Gansbaai in die Rooi-strandveld geleë. Die dorpie het sy naam gekry van die spierwit sand van die strand. Ongeveer 8 km van die kus is Geyser-eiland en Dyer-eiland. Brilpikkewyne en Kaapse pelsrobbe kom op albei eilande voor.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap