Struisbaai is 'n vakansiedorpie aan die Indiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dis net noordoos van L'Agulhas geleë. Die dorpie se naam is 'n afkorting van Vogelstruisbaai. Die strand by Struisbaai is 14 km lank en gewild onder die swemmers, hengelaars, branderplankryers en seilplankryers.
Wapen Struisbaai se plaaslike raad het in 1992 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Slangsnitsgewys gedeel, in die skildhoof na links en in die skildvoet na regs, silwer en blou, regs 'n regopgeplaaste swart volstruisveer met 'n rooi skag. Die helmteken was 'n seilskip op 'n blou muurkroon, en die wapenspreuk "In concilio concilium".National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry .
Skeepsrampe Op 23 Augustus 1673 het die Zoetendaal by Struisbaai gestrand. Die Nederlandse Oos-Indiëvaarder Schoonenberg het op pad van Batavia na Nederland in die vroeë oggendure van 20 November 1722 hier op die rotse geloop.
Gewese ekonomiese belang van die Struisbaaihawe Andries Dreyer skryf in sy boek Eeufees-Gedenkboek van Bredasdorp in 1938:Dreyer, A. 1938. Eeufees-Gedenkboek van Bredasdorp. Kaapstad: Nasionale Pers Beperk, bl. 94
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap