duimnael|links|Uitsig oor Die Kelders se baai.
Die Kelders is 'n vakansiedorpie aan die Atlantiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is net noord van Gansbaai en ressorteer onder die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit, wat onder beheer van die Overberg-distriksmunisipaliteit val.
Die dorpie ontleen sy naam aan die grotte onder die rotswand waardeur 'n ondergrondse stroom vloei. Die R43-provinsiale pad gaan deur die dorp.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap