'n Beheervraat is 'n neerhalende term vir 'n persoon wat poog om te dikteer hoe alles rondom hom gedoen moet word.Kate Cann, Footloose (Londen 2008) p. 295 Die woord is vir die eerste keer in die laat 1960's geformuleerhttp://dictionary.reference.com/browse/control — 'n era toe spanning met beheergevegte geassosieer is by persone wat poog om ander mense se optrede te beïnvloed.Kristin Glaser, in The Radical Therapist (Penguin 1974) p. 246
Beheervrate wil tot elke prys in beheer van ’n situasie wees. Hulle is meestal perfeksioniste wat wil hê dat alles nét reg moet wees. Hulle stel gewoonlik nie belang in ander se menings nie, behalwe as daar met die beheervraat saamgestem word. So 'n persoon kan byvoorbeeld vergaderings oorneem, die heel tyd in werknemers se nekke afblaas, of konstant sy lewensgenoot kritiseer en afbreek.
Persone wat hieraan lei voel normaalweg onderliggend angstig en onseker van hulleself. Dit manifesteer as die persoon voel dat hy nie in beheer van sy lewe is nie, en dan oorkompenseer deur alles rondom hom te probeer beheer.
Verwysings
Kategorie:Menslike gedrag Kategorie:Sielkunde