Die Natalse stompneus (Rhabdosargus sarba) is 'n vis wat aan die Suid-Afrikaanse noord- en ooskus voorkom tot by Wildernis. Dit staan ook bekend as 'n tropiese stompneus en in Engels die Tropical Stumpnose.
Voorkoms Die vis is silwer van kleur met 'n dowwe geel streep aan die sye. Elke skub het 'n dowwe geel kolletjie op. Die vis word tot 80 cm lank en weeg dan 12 kg.
Habitat Die vis kom voor aan die kus veral by strandmere en die volwasse vis kom voor in riwwe van tot 60 m diep in skole. Die vis verander van geslag; eers word hulle as manlik gebore en wanneer hulle 2 -3 jaar oud is verander die geslag na vroulik. Hulle skiet kuit in die nag naby die kant van Augustus tot November. Dit is 'n goeie eetvis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. . Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel Rhabdosargus sarba by FishBase http://eol.org/pages/204322/overview
Kategorie:Beenvisse