Die silwervis (Argyrozona argyrozona) is 'n endemiese vis wat aan die Suid-Afrikaanse suidkus voorkom van Tafelbaai af tot aan die Oos-Kaapse kus. Dit behoort tot die monotipiese genus Argyrozona, en staan ook as Kapenaar, of in Engels, as die carpenter of carpenter seabream bekend. Die Griekse genus- en spesienaam is afgelei van argyros, d.w.s. silwer of versilwer, en zono, 'n gordel, verwysend na die silwer strepe oor die lyf.Carpenter seabream Argyrozona argyrozona (Valenciennes, 1830), fishbase

Voorkoms duimnael|links|280px|Te koop by 'n vismark in Pretoria Die vis se kop en lyf is silwer met sewe horisontale silwerpienk strepe met klein, blou kolletjies aan die sye. Die vis is gewoonlik 40 cm lank maar kan tot 90 cm lank word en weeg dan 4 kg.

Habitat Die volwasse visse kom voor in water van 50 – 200 m diep by riwwe of oor rotsagtige seebodems. Die onvolwasse visse verkies riwwe nader aan die land in water wat 10 – 40 m diep is. Die silwervis eet tjokka, ansjovis en sardyne. Die wyfies skiet kuit van Desember tot April. Dit is 'n gewilde eetvis.

Trivia Die papierbek, Barbus mattozi, is 'n varswatervis wat ook as die silwervis bekend staan.

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. . Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://eol.org/pages/203939/overview

Kategorie:Beenvisse