Die poenskop (Cymatoceps nasutus) is 'n endemiese vis wat aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus voorkom tussen Kaapstad en Maputo. Dit staan ook bekend as 'n swartmosselkraker, swartbiskop of swartstompkop. Prof. J.L.B. Smith het 16 plaaslike name vir die vis geïdentifiseer.
Voorkoms Die vis is donkergrys tot swart van kleur terwyl die onvolwasse visse 'n groenerige bruin kleur het met onreëlmatige wit vlekke op die lyf. Die volwasse visse het groot lippe met 4 tot 6 groot tande in die mond. Die vis word tot 1,2 m groot en weeg dan 37,8 kg.
Habitat Die vis kom voor by rotsriwwe in water wat 2 tot 100 m diep is en die onvolwasse visse verkies vlak riwwe en alge beddings. Die vis groei stadig; 'n spesie van 1,1 m se geskatte ouderdom is ongeveer 45 jaar. Dit is 'n gewilde sportvis wat 'n uitdaging bied aan die hengelaar. Groot volwasse visse is uiters skaars.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronnelys Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. .
Eksterne skakels http://fishbase.org/summary/Cymatoceps-nasutus.html http://eol.org/pages/213855/overview
Kategorie:Beenvisse