Die witmosselkraker (Sparodon durbanensis) is 'n endemiese vis wat aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus voorkom. Dit staan ook bekend as 'n witbiskop, sandbloue, sandstompkop,Du Plessis, M. (2005). Afrikaans - Engels, English - Afrikaans woordeboek, dictionary. Kaapstad, Pharos. beenbek of 'n silwersteenbras en in Engels as die White musselcracker.
Voorkoms Die vis is silwergrys van kleur met 'n uitermate groot kop, die pens is wit, die vinne donkerder en die kieudeksels (operkulum) is swarterig.
Habitat Die vis kom voor op rotsbodems aan die strandgebied. Die vis word tot 1,2 m lank en weeg dan 23 kg. Dit is 'n gewilde rotshengelvis en eetvis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. . Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Sparodon-durbanensis.html http://eol.org/pages/204325/overview
Kategorie:Beenvisse