Brenton-on-Sea is 'n klein vakansiedorpie aan die Indiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is naby Knysna en ongeveer 4 km strandlangs vanaf Buffelsbaai. Die plekkie het bekend geword toe 'n swerm Brenton Blou-vlinder (Orachrysops niobe) (Engels: Brenton Blue butterfly) daar herontdek is. Die spesie is as uitgesterf beskou. Daar is ook 'n strand by Brenton-on-Sea sowel as verskeie visvangplekke. Die oord is vernoem na sir Jahleel Brenton, die admiraal wat gehelp het om die hawe by Knysna te ontwikkel.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap