De Vlugt is 'n klein nedersetting op die R339-streeksroete tussen Knysna en Avontuur in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die nedersetting is langs die Keurboomsrivier. Die nedersetting het ontstaan toe Thomas Bain die Prins Alfredpas gebou het. Sy arbeiders, 270 bandiete, het vanaf 1861 in 'n kamp op die plaas De Vlugt gewoon. Bain en sy gesin het in die opstal gewoon. Daar is 'n ou waterwiel wat nog in gebruik is. Die jaarlikse Karoo-tot-Kus bergfiets wedren gaan deur De Vlugt.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika B.P.J. Erasmus. 1995
Eksterne skakels De Vlugt op Wikimapia
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap