In finansies is 'n opsie 'n afgeleide finansiële kontrak tussen twee partye om 'n gespesifiseerde bate ("onderliggende bate") op 'n toekomstige dag ("vervaldatum") teen 'n prys wat vandag vasgestel word ("trefprys"; Engels strike price) te lewer. Die koper van die opsie verkry die reg, maar nie verpligting, om die onderliggende bate teen die trefprys te verhandel. Die verkoper verkry 'n verpligting om die onderliggende bate te verhandel teen die trefprys indien die koper die opsie uitoefen.

'n Opsie wat die houer van die opsiekontrak die reg gee om die onderliggende bate te koop word 'n koopopsie (Engels call option) genoem verkoop word 'n verkoopopsie (Engels put option) genoem.

Die meeste opsies het 'n vervaldatum. Indien die opsie nié voor of op die vervaldatum uitgeoefen word nie verval die opsie sonder waarde.

Die prys van 'n opsie is 'n funksie van die: trefprys van die opsie huidige prys van die onderliggende bate die koste om die onderliggende bate te berg inkomste of dividende wat die houer van die onderliggende bate verdien tyd tot vervaldatum volatiliteit van die prys van die onderliggende bate.

Opsie-tipes Die volgende benamingkonvensies word gebruik om tussen die verskillende opsie-tipes te onderskei: Europese opsie - 'n opsie wat net op die vervaldatum uitgeoefen kan word. Amerikaanse opsie - 'n opsie wat op enige datum voor of op die vervaldatum uitgeoefen kan word. Bermuda-opsie - 'n opsie wat net op sekere gespesifiseerde dae voor of op die vervaldatum uitgeoefen kan word. Asiese opsie - 'n opsie waarvan die waarde bepaal deur die gemiddelde prys van die onderliggende oor 'n bepaalde tydperk word. Sper-opsie - 'n opsie waarvan die waarde afhang of die onderliggende prys 'n bepaalde vlak bereik aldan nie. Eksotiese opsie - enige opsie wat ongewone voorwaardes ten opsigte van byvoorbeeld trefpryse of uitoefening bevat. Vanilla-opsie - enige opsie wat nie eksoties is nie en standaardvoorwaardes bevat.

Kategorie:Ekonomie Kategorie:Finansies