Die galjoen (Dichistius capensis) is 'n vis endemies aan Suider-Afrika en kom aan die kus vanaf Namibië tot by Durban voor. In Engels staan die vis ook as galjoen bekend.
Voorkoms duimnael|links|Illustrasie In rotsareas is die vis swartbruin tot donkergrys en word binne sekondes silwerkleurig wanneer dit oor wit sandareas beweeg. Dit het 'n dik lyf en klein skubbetjies. Dit kan 'n lengte van tot 80 cm bereik en word 6,5 kg swaar. Dit is ook Suid-Afrika se nasionale vis.
Habitat Die vis kom voor in onstuimige water in rotsagtige en sandstrande met sterk golfaksie. Hulle vreet mossels, eendmossels, rooiaas, alge en borselwurms. Hulle neig om aan 'n gebied gebonde te wees. Die wyfies bereik volwassenheid sodra hulle 34 cm lank is na ongeveer ses jaar. Hulle skiet kuit van Oktober tot Maart.
Dit is 'n gesogte eetvis. Die SADSAA hengelrekord is 1,8 kg. Die vis mag nie gevang word van die 15de Oktober tot die laaste dag van Februarie nie.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakels
Fishbase: Dichistius capensis
Kategorie:Beenvisse Kategorie:Nasionale simbole van Suid-Afrika