duimnael|regs|'n Kunstenaar se voorstelling van die voltooide ATA-350 Search for Extra-Terrestrial Intelligence (SETI) is 'n sambreelterm vir 'n verskeidenheid projekte wat deur mense onderneem word om na radioseine te soek wat moontlik van buiteaardse beskawings kom. Vroeë SETI-projekte is onder meer deur die regering van die Verenigde State befonds, maar in die latere stadium van die soektog het finansiële bydraes hoofsaaklik uit private bronne gekom.

Die kern van die projek is die 42 skottels van die Allen Telescope Array (ATA) wat deur die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, VSA bedryf word en deel uitmaak van die Hat Creek Observatory (HCO) in Shasta County, 467 kilometer noord-oos van San Francisco. ATA vang potensiële radioseine in die frekwensieband tussen 0,5 en 11,2 Gigahertz op. ATA is opgerig teen 'n koste van 50 miljoen VSA-$ en vernoem na Paul Allen, die medestigter van Microsoft wat 'n ruim skenking vir die projek gemaak het.

Die projek is op 22 April 2011 voorlopig gestaak weens 'n tekort aan fondse vir die onderhoud van die ATA-teleskoop wat gegewens aan SETI verskaf het.www.welt.de: SETI-Projekt eingestellt - USA haben für Außerirdische kein Geld mehr, 27 April 2011 SETI se bedryfskoste beloop jaarliks ten minste 1,5 miljoen $, terwyl die SETI-instituut 'n verdere miljoen $ benodig. Dié koste is oorspronklik merendeels deur die deelstaat Kalifornië en die Amerikaanse National Science Foundation (NSF) gedra. Weens Kalifornië se finansiële krisis en inkortings by die NSF beskik SETI tans nie meer oor die nodige fondse om die salarisse van medewerkers en die kragrekening vir sy radioteleskope te betaal nie.

Geskiedenis duimnael|regs|Die skermskut van SETI@home In die Verenigde State is reeds in die 1960's met die eerste SETI-projekte begin. Die Universiteit van Berkeley se SETI-instituut met sowat 150 wetenskaplikes is in 1984 geopen.

In 1999 het die soektog na buiteruimtelike intelligense met die susterprojek SETI@home na 'n nuwe fase gevorder - vrywillligers dwarsoor die wêreld is genooi om met hul tuisrekenaars by die projek in te skakel. Deur middel van 'n skermskut-program, wat van die projek se webtuiste afgelaai kon word, kon gewone mense die radioseine help ontleed terwyl hulle nie aan hul rekenaars gewerk het nie.Die Burger, 4 September 2004: Seti soek lewe in buitenste ruimte Die samespanning van honderdduisende tuisrekenaars op 'n enkele netwerk het die benodigde rekenaarkrag aan die projek verskaf.Die Burger, 19 Mei 1999: Rekenaars soek ruimtewesens Die resultate is terug na Berkeley gestuur. In Suid-Afrika het in 2003 reeds 12 000 mense aan die projek deelgeneem.Beeld, 15 Maart 2003: Radioseine weer bekyk vir ET-hulle

So is tussen 1999 en 2009 sowat 1,84 miljard resultate van meer as 5,4 miljoen vrywilligers ontleed, alhoewel geeneen van die ondersoekte radioseine bewys kon lewer van intelligente buiteruimtelike lewe.

Verwysings

Kategorie:Ruimteverkenning Kategorie:Buiteaardse lewe