Die Ebenezerdam is in Magoebaskloof noordwes naby Tzaneen in Limpopo, Suid-Afrika geleë. Die Broederstroom vloei die dam in en die Groot-Letabarivier vloei uit die dam.
Die grondwal is 61 m hoog en die bakmaat is 70,1 miljoen m3. Hierdie dam lewer huishoudelike water aan Polokwane en Tzaneen, en lewer besproeiingswater aan die Letabavallei. Dit is in 1959 gebou.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Damme in Limpopo