Die Mthathadam is geleë in die Mthatharivier, Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dam is in 1977 voltooi, die wal is 38 m hoog en die bakmaat is 253 miljoen m3. Die dam voorsien Mthatha van water. Daar is 'n besienswaardige waterval net suid van die dorp.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bronnelys Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Mthatha