Die Tzaneendam (voorheen bekend as die Fanie Bothadam) is geleë in die Groot-Letabarivier, Limpopo, Suid-Afrika en is in 1977 gebou. Die wal is 50 m hoog, die bakmaat is 157 miljoen m³ en die oppervlakte 11 636 000 m². Hierdie dam lewer water aan Polokwane en Tzaneen, en lewer besproeiingswater aan die Letabavallei.Op Pad in Suid-Afrika B.P.J. Erasmus. 1995

Die dam was vernoem na die Minister van Waterwese en Bosbou, Fanie Botha, in die vorige politieke bedeling.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Damme in Limpopo