Die Zaaihoekdam is geleë in die Slangrivier in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dam is in 1988 voltooi met 'n wal wat 46 m hoog is en 'n bakmaat van 184 miljoen m3. Die dam is naby Volksrust en is gebou om die naburige Majuba-kragstasie van water te voorsien.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga