Die Ntshingwayodam (voorheen bekend as die Chelmsforddam) is geleë in die Ngaganerivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dam is in 1961 voltooi met 'n wal wat 23 m hoog is en 'n bakmaat van 211 miljoen m3. Die dam is 25 km suid van Newcastle en net langs die N11 nasionale pad.
Daar is ook 'n oord en natuurreservaat aan die oewer van die dam, die Chelmsford-natuurreservaat.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal