duimnael|links|Woodstockdam se posisie in die Drakensberg-pompopgaarskema. Die Woodstockdam is geleë in die Tugelarivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dam is in 1983 voltooi met 'n wal wat 54 m hoog is en 'n bakmaat van 373 260 000 m³. Die dam is deel van die Tugela-Vaal-waterprojek.

Die dam is die laagste liggende van die 3 damme in die tweede fase, en is ongeveer 5 km stroom op van die opgaarkom by Drielpompstasie geleë en is nog nie heeltemal voltooi nie. Dit sal uiteindelik 'n grondwal van 49 m hoog met 'n kruinlengte van 865 m hê.

Die dam se opgaarvermoë sal die wateropbrengs van die Vaal-Tugelaprojek verhoog sodat dit aan die vereistes van die tweede fase sal voldoen. Vanweë die swaar vloede wat in die gebied voorkom, is 'n kisdam by die konstruksiewerk geïntegreer. Water van die Woodstockdam word na die Drielstudam afgelei en van daar na die hoofkanaal gevoer.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bronne Wêreldspektrum, 1982, , volume 27, bl. 166 Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal