Die Lubisidam is geleë in die Indwerivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dam is in 1968 voltooi met 'n wal wat 51 m hoog is en 'n bakmaat van 156 miljoen m3. Die dam is 20 km noord van Qamata. Water uit die dam word in die rivier losgelaat wat weer by die Lantekeerwal in 'n 29 km lang kanaal afgekeer word. Die water word gebruik vir besproeiing in die distrik St. Marks.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap