duimnael|Mikronesië se geografiese omvang duimnael|Ligging van Mikronesië duimnael|Kaart van Mikronesië duimnael|Lande en gebiede van Mikronesië:

Mikronesië (afgelei van Grieks: μικρός mikrós vir "klein" en νῆσος nêsos vir "eiland", letterlik: "klein eilande") is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê in die suidooste van Japan, in die ooste van die Filippyne, in die noordooste van Indonesië en in die suidweste van Hawaii. Mikronesië beslaan 'n oppervlakte van 7 000 000 km² en het 'n bevolking van sowat een miljoen. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië. "Oceania". 2005. The Columbia Encyclopedia, 6de uitgawe. Columbia University Press.

Die streek bevat vier eilandgroepe — Karoline-eilande, Gilberteilande, Mariana-eilande en Marshalleilande — en baie afgeleë eilande. Administratief is die eilande van Mikronesië tussen ses onafhanklike lande verdeel: Die Karoline-eilande is verdeel tussen Palau en die Gefedereerde State van Mikronesië, die Gilberteilande (saam met die Phoenix- en Line-eilande in Polinesië) word deur Kiribati beslaan, die Mariana-eilande is verdeel in twee eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika: Guam en die Noordelike Mariana-eilande, Nauru is 'n onafhanklike eilandnasie op die eiland met dieselfde naam en die Marshalleilande beslaan die eilandgroep met dieselfde naam. Wake-eiland is ook noemenswaardig, aangesien dit deur beide die Marshalleilande en die Verenigde State opgeëis word, laasgenoemde se Amerikaanse Lugmag bestuur dié eiland.

Die term Mikronesië (in Frans: Micronésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Melanesië en Polinesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig. Die subgroep wat in Mikronesië gepraat word, word Mikronesiese tale genoem.

Ligging Vlag Land Hoofstad Oppervlakte (km²) Bevolking 80px 90px Gefedereerde State van Mikronesië Palikir 702 11 000 80px 90px Guam(Verenigde State) Hagåtña 541,3 178 000 80px 90px Kiribati Suid-Tarawa 811 98 000 80px 90px Marshalleilande Majuro 181 62 000 80px 90px Nauru Yaren 21 14 019 80px 90px Noordelike Mariana-eilande(Verenigde State) Saipan 463,63 86 616 80px 90px Palau Ngerulmud 459 20 000 80px 90px Wake-eiland(Verenigde State) – 7,37 –

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels