Hammanskraal is 'n dorp in noordelike Gauteng, in Suid-Afrika. Die dorp is 20 km suid van Pienaarsrivier geleë en vernoem na 'n vroeë veeboer, Hamman, wat 'n kraal hier gebou het om sy vee teen roofdiere te beskerm. In 1979 is die Federation of South African Trade Unions (FOSATU) hier gevorm.

Tans val die dorp se munisipale bestuur onder die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit.

Noemenswaardige inwoners Herman Mashaba

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Gauteng