Umzinto is 'n dorp in die suide van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is ongeveer 10 km binneland toe van Park Rynie geleë.

Dit is in 'n landbougebied waar suikerrriet verbou word, en die dorp is as sentrum vir die suikermeule gestig. Die eerste publieke maatskappy in Natal is in 1858 by Umzinto opgerig.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal