duimnael|Polinesië se geografiese omvang duimnael|Ligging van Polinesië duimnael|Kaart van Polinesië duimnael|Die Polinesiese Driehoek met Hawaii, Rapa Nui (Paaseiland) en Nieu-Seeland as hoekpunte duimnael|Migrasie van die Polinesiese volke vanaf Taiwan tot die Polinesiese Driehoek duimnael|Lande en gebiede van Polinesië:
Polinesië (afgelei van Grieks: πολύς polys vir "baie" en νῆσος nêsos vir "eiland", letterlik: "baie eilande") is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê tussen die Amerikas in die ooste, Asië in die noordweste en Australië in die suidweste. Polinesië beslaan 'n oppervlakte van 50 miljoen km² en het 'n bevolking van sowat tien miljoen. Polinesië lê in die Polinesiese Driehoek met die drie hoekpunte Hawaii in die noorde, Paaseiland in die ooste en Nieu-Seeland in die weste. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië. "Oceania". 2005. The Columbia Encyclopedia, 6de uitgawe. Columbia University Press.
Die streek bevat vier onafhanklike eilandnasies: Nieu-Seeland, Samoa, Tonga en Tuvalu. Nieu-Seeland is volgens beide oppervlakte en bevolking die grootste land in Polinesië en beslaan sowat 90% van Polinesië se landoppervlakte. Die grootste eilande van Polinesië is Nieu-Seeland se twee hoofeilande Noordeiland en Suideiland, asook Hawaii, die hoofeiland van die gelyknamige Amerikaanse deelstaat.
Die term Polinesië (in Frans: Polynésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Melanesië en Mikronesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig. Die subgroep wat in Polinesië gepraat word, word Polinesiese tale genoem.
Ligging Vlag Land Hoofstad Oppervlakte (km²) Bevolking 80px 90px Amerikaans-Samoa(Verenigde State) Pago Pago 199 65 628 80px – Baker-eiland(Verenigde State) – 1,64 – 80px 90px Cookeilande(Nieu-Seeland) Avarua 240 19 569 80px 90px Frans-Polinesië(Frankryk) Papeete 4 167 259 706 80px 90px Hawaii(Verenigde State) Honolulu 16 649 1 360 301 80px – Howland-eiland(Verenigde State) – 1,84 – 80px – Jarvis-eiland(Verenigde State) – 4,5 – 80px – Johnston-atol(Verenigde State) – 2,67 – 80px – Kingman-rif(Verenigde State) – 60 – 80px 90px Midway-atol(Verenigde State) – 6,23 – 80px 90px Nieu-Seeland Wellington 268 680 4 383 000 80px 90px Niue(Nieu-Seeland) Alofi 260 1 398 80px 90px Paaseiland(Chili) Hanga Roa 163,6 4 888 80px 90px Palmyra-atol(Verenigde State) – 3,9 – 80px 90px Pitcairneilande(Verenigde Koninkryk) Adamstown 47 50 80px 90px Samoa Apia 2 831 179 000 80px 90px Tokelau(Nieu-Seeland) – 10 1 416 80px 90px Tonga Nukuʻalofa 748 104 000 80px 90px Tuvalu Funafuti 26 12 373 80px 90px Wallis en Futuna(Frankryk) Matāʻutu 274 13 445
Sien ook Polinesiese mitologie
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels