Bloedsuiers is die eerste Afrikaanse vampierrolprent. Wat die rolprent verder uniek maak is dat dit gehoorbefonds is. Dit beteken dat lede van die publiek finansiële bydraes kan maak sodat die rolprent vervaardig kan word.
Genre Fiksie
Hoofrolspelers Darron Meyer as Diff Tyrel Meyer as Snakes Inge Beckmann as Lizelle Rob van Vuuren as Rooinek Porteus Xandau as Prins Wyker Francois van Coke as Etienne André Roothman as Konraad
Storielyn Die storie gaan oor die sogenaamde bloedsuiers wat al van Jan van Riebeeck se dae af hier in Suid-Afrike ronddwaal. Dan vang twee aspirant-vampierjagters in die hedendaagse Kaapstad per ongeluk een van dié bloedsuiers.
Daarna reis hulle na die Klein-Karoo om die bose en bloedsuiende prins, bekend as Wyker, op te spoor en van kant te maak. Sodoende vervul hulle ’n eeue oue profesie. Die enigste probleem is dat dié profesie bekend is onder die vampiere en Wyker dus weet hulle is op pad.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings
Eksterne skakels Rolprent se webwerf
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente