Burt Lancaster (2 November 1913 – 20 Oktober 1994) was ’n Amerikaanse akteur wat bekend was vir sy atletiese bou, blou oë en besonderse glimlag (wat hy die "Die Grynslag" genoem het). Nadat hy aanvanklik die rolle van "sterk ouens" vertolk het, het hy in die laat 1950's sy "tipiese Amerikaanse beeld" laat vaar ten gunste van ingewikkelder en uitdagender rolle. Dit het hom die reputasie besorg as een van die beste akteurs van sy generasie.
Lancaster is vier keer vir Oscars benoem en het die toekenning een keer gewen vir sy rol in 1960 in Elmer Gantry. Hy het ook ’n Golden Globe vir dié rol gewen en Bafta-toekennings vir Birdman of Alcatraz (1962) en Atlantic City (1980). Sy vervaardigingsmaatskappy was die suksesvolste onafhanklike ateljee in die 1950's in Hollywood en het rolprente gemaak soos Marty (1955), Trapeze (1956) en Sweet Smell of Success (1957).
In 1999 het die American Film Institute hom 19de geplaas onder die grootste akteurs van alle tye."America's Greatest Legends." American Film Institute. URK besoek op: 29 Jul1e 2009.
Biografie Lancaster is in New York gebore as Burton Stephen Lancaster. Hy was een van vyf kinders van ’n posafleweraar. Hy het ure op straat in Harlem-Oos (of Spaans-Harlem) bestee, waar hy ’n belangstelling in gimnastiek ontwikkel het. Hy het later in ’n sirkus gewerk totdat ’n ongeluk hom gedwing het om die beroep te verlaat.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Lancaster in ’n vermaakgroep vir die weermag opgetree. Hoewel hy aanvanklik nie in toneelspel belanggestel het nie, het hy ná die oorlog ’n oudisie gedoen vir Harry Brown se A Sound of Hunting. Hoewel dit net drie weke lank op die verhoog was, het Lancaster die aandag getrek van ’n Hollywood-agent, Harold Hecht, en deur hom van Hal Wallis, wat hom ’n rol gegee het in The Killers (1946) met Ava Gardner. Hy was so suksesvol dat hy die volgende jaar in nog twee prente gespeel het.
Verskeie ander rolle het gevolg, veral in dramas, rillers en militêre en avontuurprente. In twee van hulle, The Flame and the Arrow en The Crimson Pirate, was ’n vriend uit sy sirkusjare, Nick Cravat, ’n belangrike byspeler en die twee vriende het gehore verstom met hul akrobatiese toertjies.
In 1953 het Lancaster een van die rolle gespeel waarvoor hy die beste onthou word: saam met Deborah Kerr in From Here to Eternity. Die American Film Institute gee erkenning aan die ikoniese status van die toneel waar hy en Kerr op ’n Hawaise strand liefde maak tussen die branders. Die organisasie het dit gekies as een van die "AFI se top-100 Mees Romantiese Rolprente" van alle tye.
In 1960 het hy die Oscar vir beste akteur, ’n Golden Globe en die New York Film Critics Award gewen vir sy rol in Elmer Gantry. In 1966, op 52-jarige ouderdom, het hy nakend verskyn in die prent The Swimmer.
Tydens die laaste deel van sy loopbaan het Lancaster akrobatiese en avontuurprente verruil vir meer uiteenlopende en uitdagende rolle. Hy het toe saamgewerk aan verskeie Europese produksies saam met regisseurs soos Luchino Visconti en Bernardo Bertolucci.
Regisseur en vervaardiger Lancaster was vroeg al ’n suksesvolle regisseur en vervaardiger. In 1952 het hy The Crimson Pirate saam met Harold Hecht vervaardig, asook Kiss the Blood Off My Hands (1948), The Flame and the Arrow (1950) en Ten Tall Men (1951). In 1954 het hulle weer saamgewerk aan His Majesty O'Keefe, met Lancaster in een van die rolle en Hecht as vervaardiger. Hulle en die skrywer van laasgenoemde prent, James Hill, het ’n maatskappy gestig met die naam Hecht-Hill-Lancaster.
Die "H-H-L"-span het Hollywood beïndruk met hul sukses.Hodgins, Eric. "Amid Ruins of an Empire a New Hollywood Arises." Life, 10 Junie 1957, bl. 146. URL besoek op 22 April 2012. Saam het hulle talle prente gemaak wat verskeie pryse ingepalm het.
Lancaster was ook die regisseur van twee prente, The Kentuckian (1955) en The Midnight Man (1974).Buford 2008, ble. 138, 354. Hy was ook die medeskrywer en vervaardiger van The Midnight Man én het ’n rol vertolk.
Filmografie duimnael|240px|Lancaster en Deborah Kerr in From Here to Eternity. duimnael|240px|Saam met Audrey Hepburn in The Unforgiven. duimnael|240px|In Judgment at Nuremberg. Jaar Film Rol Nota 1946 The Killers 'Swede' Andersen 1947 Brute Force Joe Collins 1947 Desert Fury Tom Hanson 1948 I Walk Alone Frankie Madison 1948 All My Sons Chris Keller 1948 Sorry, Wrong Number Henry Stevenson 1948 Kiss the Blood Off My Hands William Earle 'Bill' Saunders 1949 Criss Cross Steve Thompson, narrator 1949 Rope of Sand Michael (Mike) Davis 1950 The Flame and the Arrow Dardo Bartoli 1950 Mister 880 Steve Buchanan 1951 Vengeance Valley Owen Daybright 1951 Jim Thorpe – All-American Jim Thorpe 1951 Ten Tall Men Sgt Mike Kincaid 1952 Crimson Pirate Capitan Vallo 1952 Come Back, Little Sheba Doc Delaney 1953 South Sea Woman Master Gunnery Sgt. James O'Hearn 1953 From Here to Eternity 1st Sgt. Milton Warden 1953 Three Sailors and a Girl Marine (uncredited) 1954 His Majesty O'Keefe Captain David Dion O'Keefe, narrator 1954 Apache Massai 1954 Vera Cruz Joe Erin 1955 The Kentuckian Elias Wakefield (Big Eli) 1955 The|Rose Tattoo Alvaro Mangiacavallo 1956 Trapeze Mike Ribble 1956 The Rainmaker Bill Starbuck, Bill Smith, Bill Harley, Tornado Johnson 1957 Gunfight at the O.K. Corral Marshal Wyatt Earp 1957 Sweet Smell of Success J.J. Hunsecker 1958 Run Silent, Run Deep Lt. Commander Jim Bledsoe 1958 Separate Tables John Malcolm 1959 The Devil's Disciple The Rev. Anthony Anderson 1960 The Unforgiven Ben Zachary 1960 Elmer Gantry Elmer Gantry 1961 The Young Savages ADA Hank Bell 1961 Judgment at Nuremberg Dr. Ernst Janning 1962 Birdman of Alcatraz Robert Stroud 1963 A Child Is Waiting Dr. Ben Clark 1963 The Leopard Prince Don Fabrizio Salina 1963 The List of Adrian Messenger Cameo 1964 Seven Days in May Gen. James Mattoon Scott 1964 The Train Paul Labiche 1965 The Hallelujah Trail Col. Thaddeus Gearhart 1966 The Professionals Bill Dolworth 1967 All About People Narrator 1968 The Scalphunters Joe Bass 1968 The Swimmer Ned Merrill 1969 Castle Keep Maj. Abraham Falconer 1969 The Gypsy Moths Mike Rettig 1970 Airport Mel Bakersfeld 1971 Lawman Bannock Town Marshal Jered Maddox 1971 Valdez Is Coming Marshal Bob Valdez 1972 Ulzana's Raid U.S. Cavalry Scout McIntosh 1973 Scorpio Cross 1973 Executive Action James Farrington 1974 The Midnight Man Jim Slade 1974 Conversation Piece The Professor 1976 Buffalo Bill and the Indians Ned Buntline 1976 1900 (Novecento) Alfredo's Grandfather 1976 The Cassandra Crossing Col. Stephen Mackenzie 1977 Twilight's Last Gleaming Gen. Lawrence Dell 1977 The Island of Dr. Moreau Dr. Paul Moreau 1978 Go Tell the Spartans Maj. Asa Barker 1979 Zulu Dawn Col. Anthony Durnford 1980 Atlantic City Lou Pascal 1981 Cattle Annie and Little Britches Bill Doolin 1981 The Skin|La pelle Gen. Mark W. Clark 1983 Local Hero Felix Happer 1983 The Osterman Weekend Maxwell Danforth 1985 Little Treasure Delbert Teschemacher 1986 Tough Guys Harry Doyle 1987 Il Giorno prima Dr. Herbert Monroe 1988 Rocket Gibraltar Levi Rockwell 1989 Field of Dreams Dr. Archibald 'Moonlight' Graham 1989 La Bottega dell'orefice The Jeweller
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Bibliografie Andreychuk, red. Burt Lancaster: A Filmography And Biography. Jefferson, Noord-Carolina: McFarland & Company, Inc., 2005. . Buford, Kate. Burt Lancaster: An American Life. Londen: Aurum Press, 2008. . Winters, Shelley. Shelley: Also known as Shirley. New York: Morrow, 1980. .
Eksterne skakels Burt Lancaster op IMDB Geskrifte oor Burt Lancaster The Rainmaker
Kategorie:Geboortes in 1913 Kategorie:Sterftes in 1994 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers