duimnael|links|Oorgangsgebied tussen die Wes-Vlaamse en Oos-Vlaamse dialek Wes-Vlaams (West-Vlams, West-Vlams, West-Vloams, Nederlands: West-Vlaams) is 'n Nederfrankiese dialek, wat tot die Nederlandse taal behoort. Wes-Vlaams word tot die Hollands-Frankiese dialekte en die suidwestelike dialekgroep gereken.
Wes-Vlaams word in die westelike deel van België gepraat: hoofsaaklik in die provinsie Wes-Vlaandere, verder in die noord- en middel-weste van die provinsie Oos-Vlaandere en in die munisipaliteit Komen-Waasten van die provinsie Hainaut (gedeeltelik). Daarbenewens word Wes-Vlaams ook in die weste van die Nederlandse gebied van Zeeuws-VlaandereDie Wes-Vlaams van Zeeuws-Vlaanderen word as Seeus-Vlaams ook tot die Seeuse dialek gereken. en in Frans-VlaandereDie Wes-Vlaams van Frans-Vlaandere word ook Frans-Vlaams genoem. (gedeeltelik) gepraat.
Die Wes-Vlaamse streektaal het invloede van die nabygeleë Pikardies, 'n Romaanse streektaal, ondergaan.
Die ooste van Wes-Vlaandere en die weste van Oos-Vlaandere vorm 'n oorgangsgebied tussen die Wes-Vlaamse en die Oos-Vlaamse dialek.
Sien ook Vlaams (taalkunde)
Verwysings
Bronne
Nederlandstalige Wikipedia
Kategorie:Hainaut Kategorie:Nederlands Kategorie:Nord-Pas-de-Calais Kategorie:Oos-Vlaandere Kategorie:Vlaams Kategorie:Wes-Vlaandere Kategorie:Zeeland