Nic Stevens is die verhoognaam van Stephan Snyman, 'n Afrikaanse sanger wat ook saam met sy bloedbroers in die musiekgroep Broers optree. Sy eerste album, Everybody, is in 2001 deur Snyman-musiekproduksies vrygestel. In 2004 word sy eerste Afrikaanse album, Jonk Bly uitgereik. Hy is bekend vir treffers soos Toeter Skoeter, Jonk Bly, Dis altyd lente en Jy maak my mal.

Snyman het 'n B.Mus-graad by die Universiteit van Kaapstad verwerf met klavier as hoofinstrument. Hy bespeel ook die trompet en kitaar.Nic Stevens sing Ondangwa aan die brand, Die Republikein, 26 April 2007.

In 2005 word sy liedjie Jonk Bly op kykNET se top 10 aangewys as die 4de beste liedjie van die jaar.

Diskografie Toeter Skoeter, SMP Jonk Bly, 2004 SMP Everybody, 2001 SMP

Verwysings

Sien ook Suid-Afrikaanse Musikante

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense