18 Oktober is die 291ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (292ste in skrikkeljare). Daar volg nog 74 dae in die res van die jaar.
Gebeure duimnael|regs|125px|Kenteken van die Rooileër faksie
1009 – Die Heilige Grafkerk, ’n Christenkerk nou binne die ommuurde Ou Stad van Jerusalem, word deur die mal Fatimid caliph Al-Hakim bi-Amr Allah vernietig. 1415 – Pous Gregorius XII tree af as pous van die Rooms-Katolieke Kerk en beëindig daarmee die Westerse Skisma. 1538 – Pous Paulus III stel Pedro Sarmiento, aartsbiskop van Compostella, aan as kardinaal. 1594 – Pous Clemens VIII verklaar St. Julian van Cuena heilig. 1813 – Die Veldslag by Leipzig (“Völkerschlacht”) begin. Napoleon se troepe ly 'n nederlaag teen die troepe van die Geallieerdes. 1851 – Moby Dick, ’n roman deur Herman Melville, word vir die eerste keer uitgegee as The Whale (Die walvis). 1890 – Windhoek, die hoofstad van Namibië, word deur kaptein Curt von François gestig. 1912 – Die Turkse Sultan doen afstand van Libië ten gunste van Italië, onder ’n verdrag wat in Ouchy, Switserland, geteken is. 1922 – ’n Konsortium stig die British Broadcasting Company wat 'n netwerk van radiosenders vestig om 'n nasionale uitsaaidiens in die Verenigde Koninkryk daar te stel. 1954 – Texas Instruments stel die eerste transistorradio bekend. 1962 – Die onbemande ruimtetuig Ranger 5 word lanseer. 1977 – ’n Duitse anti-terreureenheid, bekend as GSG 9, bestorm in Mogadisjoe ’n Lufthansa-vliegtuig – die "Landshut", ’n Boeing 737-200 met die vlugnommer LH181 – wat op 13 Oktober deur die Rote Armee Fraktion geskaak is. Die 86 gyselaars word onbeseer bevry; slegs ’n enkele terroris aan boord oorleef die voorval.
Geboortes 1130 – Zhu Xi, Chinese filosoof tydens die Song-dinastie († 1200). 1405 – Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II), die 210de pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Corsignano, Italië († 1646). 1523 – Anna van Pole, 'n Pools-Litause prinses († 1596). 1585 – Heinrich Schütz, Duitse komponis en orrelis († 1672). 1653 – Abraham van Riebeeck, Goewerneur-Generaal van Nederlands-Indië († 1713). 1831 – Friedrich III van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1888). 1859 – Henri Bergson, Franse filosoof († 1941). 1905 – Félix Houphouët-Boigny, eerste President van die Ivoorkus († 1993). 1925 – Justus Tshungu, Suid-Afrikaanse omroeper († 2019). 1939 – George Meiring, laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag († 2024). 1934 – Inger Stevens, Amerikaanse aktrise († 1970). 1943 – Phyllis Spira, Suid-Afrikaanse ballerina († 2008). 1953 – Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap († 2014). 1960 – Jean-Claude Van Damme, Belgiese akteur en rolprentvervaardiger. 1991 – Zohran Mamdani, Amerikaanse politikus.
Sterftes 707 – Pous Johannes VII, die 86ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1417 – Pous Gregorius XII, die 205de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1325). 1503 – Pous Pius III, die 215de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1439). 1871 – Charles Babbage, Engelse wiskundige, filosoof, uitvinder en meganiese ingenieur (* 1791). 1929 – Herbert Castens, Suid-Afrika se eerste Springbokkaptein (* 1864). 1931 – Thomas Edison, Amerikaanse uitvinder (* 1847). 1953 – W.A. Hofmeyr, Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Die W.A. Hofmeyr-prys is na hom vernoem (* 1869). 1959 – Casparus de Wet, Gereformeerde predikant, hoogleraar en skrywer (* 1887). 1982 – Sias Reinecke, Afrikaanse sanger en lid van die sanggroep Groep Twee (* 1940). 2009 – Basie Vivier, Suid-Afrika se 24ste Springbokkaptein (* 1927). 2016 – Anthony Addabbo, Amerikaanse akteur (* 1960). 2021 – Colin Powell, Amerikaanse generaal en jarelange politikus (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Alaskadag; Feesdag van Sint Lukas.
Kategorie:Oktober