16 Oktober is die 289ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (290ste in skrikkeljare). Daar volg nog 76 dae in die res van die jaar.

Gebeure

456 – Magister militum Ricimer verslaan Keiser Avitus by Piacenza en word hoof van die Wes-Romeinse Ryk. Hy bestee die res van sy lewe as die patrisiër, en regeer deur 'n aantal marionetkeisers.duimnael|regs|110px|Marie Antoinette, Koningin van Frankryk 1311 – Die konsilie van Vienne begin onder leiding van Pous Clemens V. 1367 – Pous Urbanus V keer terug na Rome vanuit Avignon. 1471 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Carpentras. 1499 – Koning Lodewyk van Frankryk verower Lombardië en marsjeer Milaan binne. 1665 – Pous Alexander VII publiseer die bul Ad Sacram waarin die Janseniste weer veroordeel word. 1672 – Pous Clemens X laat die studente van die Duitse Kollege sweer dat hulle na Duitsland sal terugkeer nadat hulle studies afgehandel is. 1689 – Pous Alexander VIII word gekroon deur kardinaal Francesco Maidalchini. 1690 – Pous Alexander VIII verklaar vyf mense heilig, waaronder Johannes van God en Giovanni van Capistrano. 1756 – Pous Benedictus XIV publiseer "Ex Omnibus" oor die bul Unigenitus. 1793 – Marie Antoinette word per guillotine tereggestel by die Place de la Révolution in Parys tydens die hoogtepunt van die Franse Revolusie. 1813 – Die Sesde koalisie val Napoleon en die eerste Franse Ryk aan in die Slag van Leipzig, die grootste konflik in die Napoleontiese Oorloë. 1830 – Pous Pius VIII bekragtig die besluite van die konferensie van biskoppe in Baltimore, VSA. 1836 – Die Voortrekkers verslaan die Matabele's tydens die Slag van Vegkop. 1910 – Duitsland verloor sy eerste internasionale sokkerwedstryd op tuisbodem met 1-2 teen Nederland in Kleef. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Hans Frank rig die Warskou Ghetto op, die grootste Joodse ghetto in besette Pole. 1964 – Die Volksrepubliek China ontplof sy eerste atoombom. 1978 – Karol Józef Wojtyła, 'n Kardinaal van Kraków, Pole, word Pous Johannes Paulus II, die eerste nie-Italiaanse pous sedert die 16de eeu en die eerste ooit van 'n Slawiese land. 1995 – Louis Farrakhan van die "Nation of Islam" koördineer die Million Man March in Washington, D.C. 2002 – Bibliotheca Alexandrina in Alexandrië in Egipte, 'n herdenking van die Groot Biblioteek van Alexandrië wat met die tyd verlore gegaan het, word geopen. 2021 – Die ruimtetuig Lucy word lanseer op 'n sending van 12 jaar na agt verskillende asteroïede.

Geboortes 1811 – Adam Kok III, leier van die Griekwas († 1875). 1813 – Carl Otto Hager, Duitse argitek beroemd vir die ontwerp van talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1898). 1854 – Oscar Wilde, Anglo-Ierse skrywer in Dublin, Ierland († 1900). 1861 – Groothertog Michail Michailowitsj van Rusland, die tweede oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland († 1929). 1886 – Armin Wegner, Duitse skrywer en menseregte-aktivis († 1978). 1896 – M.S.B. Kritzinger, Afrikaanse letterkundige en leksikograaf († 1977). 1910 – Misha Black, Britse argitek en ontwerper († 1977). 1920 – Gert van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur († 1968). 1923 – Linda Darnell, Amerikaanse aktrise († 1965). 1927 – Günter Grass, Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar († 2015). 1929 – Fernanda Montenegro, Brasiliaanse aktrise. 1938 – Adri van der Walt, Suid-Afrikaanse plantkundige († 2003). 1952 – Touriya Jabrane, Marokkaanse teaterregisseur, aktrise en politikus († 2020). 1963 – Pamela Bach, 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2025). 1972 – Jacques Nienaber, Springbokafrigter. 1975 – Jacques Kallis, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1979 – Erin Brown, Amerikaanse aktrise, regisseuse, rolprentvervaardiger. 1997 – Charles Leclerc, Monegaskiese Formule Eenberoepsrenjaer. 1997 – Naomi Osaka, Japannees-Amerikaanse tennisspeler.

Sterftes 1333 – Teenpous Nicolaas V (*ongeveer 1275). 1553 – Lucas Cranach die Ouere, Duitse skilder en grafiese kunstenaar van die Renaissance (* 1472). 1591 – Pous Gregorius XIV, die 229ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1535). 1700 – Patriarg Adriaan van Moskou, die tiende en laaste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* 1627). 1791 – Grigori Potjomkin, Russiese maarskalk, staatsman en die minnaar van Katharina die Grote (* 1739). 1909 – Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan), in Londen, enkele dae voordat hy na sy vaderland sou terugkeer (* 1845). 1939 – Charlotte Maxeke, Suid-Afrikaanse godsdienstige leier, maatskaplike werker en politieke aktivis (* 1874). 1946 – Alfred Jodl, Duitse generaal (* 1890). 1946 – Arthur Seyss-Inquart, Oostenrykse Nazi-politikus (* 1892). 1946 – Wilhelm Keitel, Duitse veldmaarskalk (* 1882). 1959 – George C. Marshall, Amerikaanse vyfster-generaal (* 1880). 1981 – Moshe Dayan, Israeliese politikus (* 1915). 1990 – Jorge Bolet, Kubaans-gebore Amerikaanse virtuoos pianis (* 1914). 2005 – Tryna du Toit, Afrikaanse skrywer (* 1910).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Wêreldvoedseldag

Kategorie:Oktober