14 Oktober is die 287ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (288ste in skrikkeljare). Daar volg nog 78 dae in die res van die jaar.
Gebeure duimnael|125px|Die Slag van Hastings, soos uitgebeeld op die Tapyt van Bayeux 1066 – Die Slag van Hastings: Die Normandiese invalsmag van Willem die Veroweraar verslaan die Engelse leër en vermoor Harold Godwinson, die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland, by Hastings. 1652 – Antonio Pignatelli (later Pous Innocentius XII) word aartsbiskop van Larissa in Thessalië. 1828 – Tydens 'n vergadering in Kaapstad word besluit om die Suid-Afrikaanse Kollege (voorloper van die UK en SACS) te stig. 1856 – Die NG gemeente Dordrecht is gestig. 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Beleg van Kimberley begin. 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse duikboot U-47 onder bevel van kaptein Günther Prien dring Scapa Flow binne en kelder HMS Royal Oak. 1947 – Die Amerikaanse vlieënier Chuck Yeager breek deur die klankgrens in die Bell X-1-vliegtuig. 1981 – Hosni Mubarak word verkies tot president van Egipte, 'n week ná die sluipmoord op Anwar Sadat. 2018 – Pous Paulus VI word deur Pous Franciskus heilig verklaar.
Geboortes 1542 – Akbar die Grote, Mogolheersers van Indië († 1605). 1630 – Sophia van die Palts, die keurvorstin van Hannover († 1714). 1633 – Jakobus II, koning van Engeland († 1701). 1639 – Simon van der Stel, Nederlandse ontdekkingsreisiger en goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1712). 1880 – Coit Albertson, Amerikaanse akteur († 1953). 1889 – Hagar Brown ontvoeringslagoffer, taxi-eienaar en slagoffer van die Duitse Nazi-bewind se mediese eksperimente († 1940). 1890 – Dwight D. Eisenhower, generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State († 1969). 1894 – E.E. Cummings, Amerikaanse digter († 1962). 1906 – Hannah Arendt, Joods-Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms († 1975). 1919 – Ds. Louis Jacobus Botha, predikant en later professor aan die Hammanskraalse Teologiese Skool. 1925 – Phillip Tobias, Suid-Afrikaanse paleontoloog († 2012). 1927 – Roger Moore, Engelse akteur († 2017). 1937 – Marinus Wiechers, Suid-Afrikaanse regsman en grondwetkenner († 2018). 1938 – Edward George Hudson Oliver, Suid-Afrikaanse plantkundige en skrywer(† 2025). 1942 – Péter Nádas, Hongaarse skrywer, dramaturg en essayis. 1946 – Craig Venter, Amerikaanse molekulêre bioloog en sakeman († 2026). 1952 – Claude Ferragne, Kanadese Olimpiese atleet († 2024). 1973 – George Floyd, Amerikaanse reeksmisdadiger en gewapende rower († 2020). 1984 – Amalia Uys, Suid-Afrikaanse aktrise, was San-Mari in 7de Laan. 1989 – Albert de Wet, Afrikaanse sanger. 1993 – Charlie Kirk, Amerikaanse aktivis († 2025). 2004 – Gabriel Bortoleto, Brasiliaanse Formule Een-renjaer.
Sterftes 222 – Pous Callixtus I, 16de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 155). 530 – Teenpous Dioscurus (* onbekend). 962 – Geirlaug, dogter van Rollo van Normandië (* 912). 1066 – Harold Godwinson, koning van Engeland (* ±1022). 1536 – Garcilaso de la Vega, Spaanse soldaat en digter (* 1501). 1940 – Anje Hendriks Strik, ma van Hendrik Frensch Verwoerd (* 1873). 1951 – Herman Charles Bosman, Suid-Afrikaanse skrywer bekend vir sy stories van oom Schalk Lourens van die Groot Marico (* 1905). 1956 – Margaret Joslin, Amerikaanse aktrise (* 1883). 1965 – Attie van Heerden, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet en rugbyspeler (* 1898). 1977 – Bing Crosby, Amerikaanse akteur en sanger (* 1903). 2015 – Francois van Heyningen, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper (* 1935). 2015 – Ahmed Kérékou, Beninse politikus en twee keer president van dié land (* 1933). 2016 – Kathryn Adams Doty, Amerikaanse akteur (* 1920). 2022 – Robbie Coltrane, Skotse akteur, komediant en skrywer (* 1950).
Vakansies, vierings en gedenkdae Feesdag van Pous Callixtus I van die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Oktober