Wladimir Afanasewitsj Obroetsjef (Russies: Владимир Афанасьевич Обручев) was in die 19de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië. In 1886 het hy na Siberië gereis waar hy die Kara Koem-woestyn en die oewers van die Amoe Darja-rivier verken het. Ná ’n halfeeu in Siberië het hy sy bevindings saamgevat in die uitgebreide Die Geologie van Siberië.
Kategorie:Russiese ontdekkingsreisigers Kategorie:Geboortes in 1863 Kategorie:Sterftes in 1956