Yellowknife 300px Kaart Wapen 170px|center 75px|center Vlag 90px|center Land 20px Kanada Provinsie 20px Noordwestelike gebiede Koördinate Stigting 1936/1937 Oppervlak: - Totaal 136 vk km Hoogte bo seevlak 206 m Bevolking: - Totaal (2006) 18 700 - Bevolkingsdigtheid 157,2/vk km - Metropolitaanse gebied 412 273 Tydsone UTC -6 (MST) Burgemeester Gordon Van Tighem Amptelike Webwerf www.yellowknife.ca Yellowknife is die hoofstad van die Kanadese Noordwestelike gebiede. Die stad se bevolking was 18 700 in 2006 en dit het 'n oppervlak van 105,2 km².
Yellowknife lê aan die rivier met dieselfde naam en aan die noordoewer van die Groot Slawemeer, 'n uiters afgesonderde ligging, sowat 1 500 km van die naaste groot stad, Edmonton in die aangrensende provinsie Alberta. Die stad word omring deur besondere natuurskoon en daar is heelwat goudmyne in die omgewing. Dit is ook 'n sentrum vir diamantontginning.
Yellowknife is onderhewig aan uiterste temperature, met in die winter tot so koud as minus 40° C en in die somer tot so warm as 25° C.
Kategorie:Hoofstede in Kanada Kategorie:Nedersettings in die Noordwestelike gebiede