100px|N60-90, E60-90 100px|N60-90, E90-120 100px|N60-90, E120-150 100px|N30-60, E60-90 100px|N30-60, E90-120 100px|N30-60, E120-150 Die uitgestrekte Siberië beslaan feitlik die hele Noord-Asië.

Siberië (Russies: Сиби́рь, Sibir) beslaan die grootste deel van Asiatiese Rusland. Dis ’n uitgestrekte, mineraalryke en grootliks ysbedekte gebied wat feitlik oor die hele Noord-Asië strek en reeds vanaf die 16de eeu deel van die Russiese Ryk was.

Dit sluit ’n groot deel van die Eurasiese steppe in en strek ooswaarts van die Oeralgebergte tot by die skeiding tussen die opvanggebiede van die Stille Oseaan en die Noordelike Yssee, en suidwaarts van die Noordelike Yssee tot by die heuwels van Noordsentraal-Kasakstan en die nasionale grense van Mongolië en China.Die Groot Sowjet-ensiklopedie (in Russies). URL besoek op 13 Desember 2009.

Opgrawings getuig van gesofistikeerde nomadiese beskawings wat reeds voor die Christelike era aan die oewers van al die Siberiese mere gewoon het. Tans beslaan dit sowat 77% van Rusland se grondgebied (13,1 miljoen vk. km), maar bevat slegs 25% van die land se bevolking (38 miljoen mense na wie in Russies as Sibirjakke verwys word). Die meeste van hulle woon in die suide, al langs die Transsiberiese Spoorlyn wat Moskou in die weste met Wladiwostok in die ooste verbind. Die grootste stad is Nowosibirsk, wat met sy 1,5 miljoen inwoners ook die derde grootste stad in Rusland is.

Die streek is buite Rusland veral bekend weens die groot aantal strafkampe, bekend as die Goelag, wat hoofsaaklik in die Sowjet-tyd daar opgerig is. Hulle was later so algemeen dat die naam "Siberië" sinoniem geraak het met verbanning en gedwonge arbeid.

Die belangrikste geografiese streke is die Wes-Siberiese Vlakte, ’n laagliggende, moerasagtige gebied waar grasvlaktes plek-plek voorkom, en die Sentraal-Siberiese Plato, ’n grootliks vulkaniese gebied met veral naaldwoude. Die klimaat is subarkties – die jaarlikse gemiddelde temperatuur is sowat 0°C, met die gemiddelde in Januarie -15°C en in Julie 20°C.

duimnael|150px|Historiese vlag van Siberië. duimnael|150px|Historiese wapen van Siberië.

Oorsprong van die naam Volgens sommige bronneHelende olies van Siberië . URL besoek op 13 Desember 2009. het die naam ontstaan uit die Turkse woord vir "slapende land." Ander meen dat dit die stamnaam was van die Sibilla, antieke Turkse nomades wat later deur die Siberiese Tartare opgeneem is, of dat dit verband hou met die Sabir-volk.

Die moderne gebruik van die naam verskyn in Russies sedert die verowering van die Siberiese Khanaat.

Grense en administratiewe verdeling duimnael|270px|        1. Historiese Siberië        2. Geografiese Russiese Siberië        3. Siberiese Federale Distrik

Die term "Siberië" het ’n baie lang geskiedenis en die betekenis daarvan het deur die jare geleidelik verander (sien kaart regs).

Die historiese definisie van Siberië is die hele deel van Rusland oos van die Oeralgebergte, insluitend die Russiese Verre-Ooste. Volgens hierdie definisie strek Siberië van die Oeralgebergte tot aan die kus van die Stille Oseaan, en van die Noordelike Yssee tot aan die grens van Russiese Sentraal-Asië en die nasionale grense van Mongolië en China.Die Brockhaus en Efron-Ensiklopediese Woordeboek (in Russies). URL besoek op 13 Desember 2009. Sowjet-bronne en moderne Russiese bronneWoordeboek van Moderne Geografiese Name (in Russies). URL besoek op 13 Desember 2009. definieer Siberië gewoonlik as ’n streek wat van die Oerals ooswaarts strek tot by die skeiding tussen die opvanggebiede van die Stille Oseaan en Noordelike Yssee, en van die Noordelike Yssee suidwaarts tot by die heuwels van Noordsentraal-Kasakstan en die nasionale grense van Mongolië en China. Ander bronne gebruik ’n effens breër definisie vir die huidige Siberië wat ooreenstem met die historiese definisieSiberia—Britannica se aanlyn-ensiklopedie. URL besoek op 13 Desember 2009. – of soms ’n effens nouer definisie wat ooreenstem met die grense van die Siberiese Federale Distrik.Siberia–The Columbia Encyclopedia, Sesde uitgawe. URL besoek op 13 Desember 2009. In Russies word die naam Siberië egter nooit gebruik as plaasvervanger van die Siberiese Federale Distrik nie.

Siberië se belangrikste stede sluit in: Barnaoel, Irkoetsk, Kemerowo, Krasnojarsk, Nowokoeznetsk, Nowosibirsk, Omsk, Tomsk en Tjoemen. 400px|duimnael|Kaart van die belangrikste stede in Siberië. +Federale deelgebiede van Siberië Deelgebied HoofstadOeral- Federale DistrikChanti-Mansi- Outonome OkroegChanti-MansijskKoergan-oblastKoerganTjoemen-oblastTjoemenJamalo-Nenets- Outonome OkroegSalechardSiberiese Federale DistrikAltai-kraiBarnaoelAltai-republiekGorno-AltaiskBoerjatiëOelan-OedeTsjita-oblastTsjitaIrkoetsk-oblastIrkoetskChakassiëAbakanKemerowo-oblastKemerowoKrasnojarsk-kraiKrasnojarskNowosibirsk-oblastNowosibirskOmsk-oblastOmskTomsk-oblastTomskTiwaKizil Verre-Oosterse Federale DistrikSacha (Jakoetië)Jakoetsk

Demografie duimnael|250px|Nowosibirsk, Siberië se grootste stad. duimnael|250px|Die verlate nedersetting Naukan by Kaap Dezjnjof, die mees oostelike punt van die Russiese Federasie. Die Dezjnjof-monument (in die middel van die foto) dien ook as vuurtoring duimnael|links|250px|Demografiese ontwikkeling van die nege grootste Siberiese stede. Siberië het 38 miljoen inwoners (2005-sensus) en ’n bevolkingsdightheid van sowat drie mense per vierkante kilometer. Die oblaste met die digste bevolkings is Tsjeljabinsk en Kemerowo, met 41 en 30 mense per vierkante meter onderskeidelik. Die Korjak-okroeg het ’n bevolkingsdigtheid van minder as 0,1 mens per vierkante meter.

Die meeste inwoners is Russe en gerussifiseerde Oekraïners, maar in sekere streke soos Tiwa is die Slawiese bevolking so laag as 20%.

Mongoolse en Turkse volke soos Boerjate, Jakoete, Tiwiniërs en Siberiese TartareVolgens die 2002-sensus was daar 500 000 Tartare in Siberië, maar 300 000 van hulle is Wolga-Tartare wat in die koloniasietydperk in Siberië gaan bly het. het oorspronklik in Siberië gewoon en afstammelinge van dié volke woon steeds daar.Etnografiese kaart van Siberië. URL besoek op 13 Desember 2009. Die sowat 445 000 Boerjate is die grootste minderheidsgroep.Minderhede in Rusland – Boerjate. URL besoek op 13 Desember 2009. Ander etniese groepe sluit in Kets, Evenks, Tsjoektsji's, Korjakke en Joekagirs. Amptelik woon daar 40 000 Chinese in die Russiese Verre-Ooste, maar daar word geglo dat die getal veel hoër is.The Chinese are coming … to Russia . Asia Times. 27 Mei 2006. URL besoek op 13 Desember 2009.

Sowat 70% van Siberië se bewoners woon in klein woonstelle in die stede. Op die platteland woon mense in eenvoudige, maar ruimer houthuise. Nowosibirsk, met ’n bevolking van sowat 1,5 miljoen, is die grootste stad in die streek en die derde grootste stad in Rusland naas Moskou en Sint Petersburg. Ander Siberiese stede met meer as ’n miljoen inwoners is Jekaterinburg (1,3 miljoen), Omsk (1,1 miljoen) en Tsjeljabinsk (1,07 miljoen).

Tobolsk, Tomsk, Krasnojarsk en Irkoetsk is ouer, historiese stede.

Godsdiens Verskeie gelowe word in Siberië beoefen, onder andere Oos-Ortodoksie, Islam, Tibettaanse Boeddhisme en ander Christelike gelowe.Webwerf van die Russiese ambassade — Godsdiens in Rusland. URL besoek op 13 Desember 2009. Daar is ook sowat 70 000 Jode.Planting Jewish roots in Siberia . URL besoek op 13 Desember 2009.

Plaaslike gelowe dateer uit honderde jare gelede. Die groot, uitgestrekte gebied het baie verskillende plaaslike gode, soos Ak Ana, Anapel, Boegadi Moesoen, Kara Khan, Khaltesj-Anki, Kini'je, Koe'oerkil, Nga, Noe'tenoet, Noemi-Torem, Noemi-Turum, Pon, Poegoe, Todote, Toko'joto, Tomam, Xaja Iccita en Zonget. Plekke met heilige gebiede sluit in Olchon, ’n eiland in die Baikalmeer.

Geskiedenis Hoofartikel: Geskiedenis van Siberië Vroeë bevolkings Gesofistikeerde nomadiese beskawings, soos die Jenisiane en Samojede, het al voor die Christelike era in Sentraal-Siberië gewoon. Opgrawings getuig van digte bevolkings aan die oewers van al die Siberiese mere. Veral die Samojede het talle artifakte van brons, silwer en goud agtergelaat. In Suid-Siberië kan Indo-Irannese invloede teruggespoor word tot 2300–1000 v.C. Tussen die 7de en 3de eeu v.C. het die Skitiërs in die Altai-streek gefloreer.

Die stigting van die Xiongnu-ryk in die 3de eeu v.C. het baie mense gedwing om uit te wyk na die noordelike grense van die groot Sentraal-Siberiese Plato. Verskeie Turkse stamme soos die Chakas en Oeighoer het noordweswaarts gemigreer en die plaaslike Oegriërs onderdruk. Hulle was vertroud met yster en het by hul onderdane geleer hoe om bronsitems te maak waarop hulle hulle hoogs artistieke stempel afgedruk het. Van dié ornamente kan gesien word in die versamelings van die Hermitage in Sint Petersburg.

Teen 1206 het Djengis Khan van Mongolië die hele Suid-Siberië verower. In 1207 het sy oudste seun, Djotsji, nog volke soos die Oirats, Barga, Chakas, Boerjate, Tiwiërs en Kirgisiërs onderwerp. Later het Wes-Siberië in die hande van die Goue Horde geval. Die afstammelinge van Orda Khan, die oudste seun van Djotsji, het regstreeks oor dié gebied regeer.

Siberiese khanaat Hoofartikel: Siberiese Khanaat. Die outonome Siberiese Khanaat is in die 14de eeu gestig toe die Mongoolse Huis van Djotsji begin verbrokkel het. Rusland se uitbreiding weswaarts het die khanaat in die 16de eeu begin ondermyn. Eerstens het groepe Kosakke na die gebied begin trek agter die pels van sabeldiere, jakkalse en hermelyne aan. Tweedens het die Russiese leër hul forte al hoe meer oos gebou. Plaaslike volke wat hulle aan die Russiese Ryk onderwerp het, is deur die Russe teen nomadiese invallers vanuit die suide beskerm. In ruil daarvoor het die plaaslike inwoners belasting (jasak) betaal in die vorm van pelse.

Die Beleg van Kazan deur die Russe in 1552 het die destydse Mongoolse leier, khan Jadigar, aangespoor om vriendskaplike betrekkinge met Moskou aan te knoop. Hy is egter ná jare van oorlog deur Koetsjoem verslaan, wat toe khan geword het.

Russiese verowering duimnael|links|300px|Jermak se Verowering van Siberië, deur Wasili Soerikof. Oor die volgende twee dekades het Rusland die khanaat geleidelik verower. In omstreeks 1577 het die Stroganof-familie van handelaars wat die Oeralstreek gekoloniseer het, die Kosakleier Jermak gevra om hul land teen khan Koetsjoem te beskerm. Jermak het Siberië in 1581 met 1 636 man binnegetrek, al met die Tagil- en Toera-rivier langs.

Die volgende jaar het hulle Isker, Koetsjoem se tuiste, verower. Koetsjoem het na die steppe gevlug en sy gebied aan Jermak afgestaan. Dié het Siberië volgens die destydse tradisie aan tsaar Iwan die Verskriklike oorhandig en so die guns van die tsaar gewen.

In 1585 het Koetsjoem Jermak skielik in die middel van die nag aangeval en die meeste van sy mense vermoor. Jermak is gewond en het probeer om oor die Wagai-rivier te swem, maar het verdrink.

Rusland moes heeltemal uit Siberië onttrek, maar danksy Jermak se verkenning van die riviere het hulle die hele gebied ’n paar jaar later terugverower.

Ontdekkingsreise in Siberië Hoofartikel: Ontdekkingsreisigers in Siberië. 350px|duimnael|Kaart van Siberië. Vanaf die 17de eeu het talle Russe na Siberië gereis en voorheen onbekende gebiede en riviere ontdek. Hulle het ook die fauna en flora nagevors en hul bevindings gepubliseer.

17de eeu