Hierdie artikel handel oor die Hindoegod. Vir die rivier in Indië, sien Krisjna (rivier).
duimnael|links|Krishna vertoon sy Vishvarupa (universele vorm) aan Arjuna op die slagveld van Kuruksjetra Krishna of Krisjna (Sanskrit: कृष्ण [ˈkr̩ʂɳə] , Gujarati: કૃષ્ણ. Kr̥ṣṇa, letterlik: "swart" of "blou") is 'n Hindoeïstiese godheid wat dikwels aanbid word as die agtste avatar van Vishnu. Vir sy volgelinge is hy die inkarnasie van die opperwese.
Die Hindoeïstiese heilige skrifte beskryf Krishna se gelaatskleur as vergelykbaar met 'n onweerswolk. Hy het dikwels 'n fluit, die bansuri, by hom en dra 'n pouveer in sy hare. Alhoewel hy nie geskiedkundig beskou word as iemand wat werklik geleef het nie, gaan Hindoes van die standpunt uit dat dit wel die geval is en ondersoek Hindoelogie getuienis vir sy bestaan.
Eksterne skakels
Kategorie:Profete Kategorie:Vorme van Vishnu