Die ENB-stadion (ook genoem FNB-stadion, Sokkerstad of Soccer City) is 'n stadion in Soweto, Johannesburg, Suid-Afrika. Die stadion is reg langs die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA-huis) waar die kantore van FIFA en die Plaaslike Reëlingskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker gesetel was. Met 'n kapasiteit van 94 700 is dit die grootste stadion in Afrika.
duimnael|links|Eerste wedstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 word tussen Suid-Afrika en Meksiko gespeel duimnael|links|Sokkerwedstryd tussen Argentinië en Suid-Korea tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 duimnael|links|Die stadion tydens die 2010-sluitingseremonie Die stadion het sedert sy konstruksie in 1987 as die FNB-stadion bekend gestaan, maar is tydelik na Sokkerstad herdoop om aan FIFA se neutrale borgskap-vereistes te voldoen. Storm bars los oor Soccer City ná WB , Nuus24, 17 Julie 2010.
In 1990 het Nelson Mandela sy eerste vrye toespraak in die stadion gelewer, nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is. Op 10 Desember 2013 is sy internasionale roudiens hier gehou. 2010 FIFA World Cup – Soccer City . In: fifa.com. Besoek op 10 Junie 2010. Dit was ook die tuiste van Chris Hani se begrafnis.
Dit was ook die plek vir die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, wat tussen Nederland en Spanje beslis is. Tydens die wêreldbeker se sluitingseremonie op die dag van die eindstryd het Nelson Mandela sy laaste openbare verskyning hier gemaak. "Nelson Mandela, South Africa's anti-apartheid icon, dies aged 95". The Telegraph. Besoek op 10 Desember 2013
Wedstryde Afrikanasiesbeker 1996
DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers13 Januarie 19963–0Groep A (opening)80 00015 Januarie 19962–1Groep A6 00018 Januarie 19962–1Groep A4 00020 Januarie 19961–0Groep A30 00024 Januarie 19960–1Groep A20 00025 Januarie 19962–0Groep C3 00027 Januarie 19962–1Kwarteindronde80 00031 Januarie 19963–0Halfeindronde80 0003 Februarie 19960–1Klein finale80 0003 Februarie 19962–0Eindstryd80 000
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
Die stadion is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 ingespan as een van die 10 stadia waar wedstryde gespeel is. Benewens die openingswedstryd en eindstryd, is by die stadion gespeel: DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers11 Junie 201016:001–1Groep A (opening)84 49014 Junie 201013:302–0Groep E83 46517 Junie 201013:304–1Groep B82 17420 Junie 201020:303–1Groep G84 45523 Junie 201020:300–1Groep D83 39127 Junie 201020:303–1Agste eindronde84 3772 Julie 201020:301–1 (4–2 n.S.)Kwarteindronde84 01711 Julie 201020.300–1 (e.t.)Eindstryd84 490
Afrikanasiesbeker 2013
DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers19 Januarie 20130–0Groep A (opening)50 00019 Januarie 20130–0Groep A25 00010 Februarie 20131–0Eindstryd85 000
Rugby Die stadion is ook sedert 2010 vir die eerste keer vir rugbywedstryde gebruik. Die Springbokke het op 21 Augustus 2010 tydens die 2010-Drienasiesreeks hier teen die All Blacks gespeel.
Konstruksie Die ENB-stadion het 'n massiewe opgradering vir die 2010 Wêreldbeker ondergaan. Die stadion se nuwe ontwerp is deur die vorm van 'n Afrikapot geïnspireer.
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika Eerste Nasionale Bank, die stadion se eienaars.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Geboue en strukture in Johannesburg Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika Kategorie:Soweto Kategorie:Sport in Johannesburg