Die nasionale vlag van Algerië (Arabies: علم الجزائر, Frans: Drapeau de l’Algérie) is op 3 Julie 1962 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee gelyke vertikale bane van groen en wit met die wapenfiguur in die middel wat bestaan uit ’n rooi vyfpuntige ster en ’n Turkse halfmaan.
Simboliek Die wit kleur stel vrede voor; die groen natuurskoon; die rooi die bloed van gesneuweldes in die stryd om onafhanklikheid in die Algerynse oorlog (1954–1962) en die ster en halfmaan verteenwoordig Islam.
Ontwerp Die maan en ster is presies in die middel van die vlag, waarby die ster een kwart van die hoogte opneem en die maan die helfte. Die boonste en onderste punt van die ster is op dieselfde hoogte as die uiteinde van die maan.
senter|350px|Konstruksietekening
Kleure Die kleurskema word hieronder gelys:
30px|raam <span style="color:white;">Rooi <span style="color:white;">Groen Wit RGB 210-16-52 0-114-41 255-255-255 Heksadesimaal #d21034 #007229 #ffffff CMYK 0, 92, 75, 18 100, 0, 64, 55 0, 0, 0, 0 Pantone 186 C 356 CWit
Ander vlae
Die vlag is amptelik in gebruik geneem toe Algerië onafhanklikheid van Frankryk verkry het. Dit is soortgelyk aan die vlag wat sedert 1958 deur die Algerynse regering (wat toe in ballingskap was) gebruik is.
Die vlag is sowel geïnspireer deur die 19de eeuse standaard van Adb el-Kader as deur die Turkse vlag. Die standaard van Abd el-Kader het uit twee ewe breë vertikale bane in groen en wit bestaan. Die Turkse vlag was in gebruik toe die noorde van die huidige Algerië tot die Ottomaanse Ryk behoort het.
Soortgelyke vlae
Sien ook
Eksterne skakels
Algerië by Flags of the World.
Kategorie:Algerië Algerie