ʻAbdu'l-Bahá (Arabies: عبد البهاء, ʿAbd al-Bahāʾ, letterlik "dienaar van die heerlikheid [van God]"; * 23 Mei 1844 in Teheran, Iran; † 28 November 1921 in Haifa, Britse mandaat van Palestina) is die godsdienstige erenaam van ʿAbbas Effendi (Persies: عباس افندی), seun van Baha'u'llah (stigter van die Baha’i-geloof), en sy opvolger as leier van dié godsdiens. Hy is 1844 in Teheran, Iran, gebore en is saam met sy pa uit Iran verban. Hy het talle werke oor die Baha’i-geloof geskryf en is in 1920 tot Ridder van die Britse Ryk verslaan. Hy is in 1921 in Haifa, in die huidige Israel, oorlede.
Bronnelys
Eksterne skakels
Kategorie:Baha'is Kategorie:Geboortes in 1844 Kategorie:Iraniërs Kategorie:Spirituele leiers Kategorie:Sterftes in 1921