Guadalajara 280px Kaart Wapen 180px|senter senter|75px Vlag raam|senter|90px Land  Deelstaat 20px|raam Jalisco Koördinate  Gestig op 14 Februarie 1542 Oppervlakte:    - Totaal 151 vk km  Hoogte bo seevlak 1 566 m Bevolking:    - Totaal (2020) 1 385 629  - Bevolkingsdigtheid 10 491/vk km  - Metropolitaanse gebied 5 286 642 Tydsone UTC -6 (CST) Somertyd UTC -5 (CDT) Klimaat    - Tipe Subtropiese klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 20,9 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 17,1 / 22,0 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1 002,4 mm Burgemeester Pablo Lemus Navarro (MX) Amptelike webwerf guadalajara.gob.mx

Guadalajara (Spaans: [ɡwɑːdələˈhɑːrə], , amptelik: Ciudad de Guadalajara) is die hoofstad en grootste stad van die Meksikaanse deelstaat Jalisco, die tweede grootste stad van Meksiko ná Meksikostad en dit is op 14 Februarie 1542 deur Spanjaarde onder Cristóbal de Oñate as Espíritu Santo (die Heilige Gees) gestig. Die stad het in 2015 'n bevolking van 1 460 148 en van 5 002 466 in die metropolitaanse gebied Guadalajara/Zapopan gehad en beslaan 'n oppervlakte van 151 km².

duimnael|links|Kaart van die metropolitaanse gebied Guadalajara/Zapopan duimnael|links|Die katedraal van Guadalajara Guadalajara is geleë net suidoostelik van Zapopan, noordwes van Meksikostad en suidwes van León. Die stad staan bekend as Perla del Occidente, die pêrel van die Weste, is 'n belangrike ekonomiese sentrum en knooppunt vir lug- en padvervoer. In 1818 en 1875 is Guadalajara deur swaar aardbewings verwoes en daarna weer opgebou. Die Hospicio Cabañas van Guadalajara is in 1997 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Dit was een van die gasheerstede tydens die Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1970, 1986 en 2026, asook die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Hoofstede in Meksiko Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Meksiko