Buiteaardse tale is ’n hipotetiese onderwerp aangesien geen tot dusver teëgekom is nie. Die navorsing oor hierdie hipotetiese tale word soms genoem "eksolinguistiek" of "xenolinguistiek". ’n Groep prominente taalkundiges en dierekommunikasiewetenskaplikes, insluitend die Amerikaanse filosoof Noam Chomsky, het sulke hipotetiese tale ondersoek in die boek Xenolinguistics: Towards a Science of Extraterrestrial Language, geredigeer deur die astrobioloog Douglas Vakoch en die taalkundige Jeffrey Punske.
Menings Die vraag watter vorm buiteaardse tale kan aanneem en die moontlikheid dat mense hulle sal herken en kan vertaal, was deel van taalkunde- en taalstudiekursusse, byvoorbeeld aan die Universiteit van Bowling Green in Ohio, VSA (2001).Kursusnotas deur assistent-professor Sheri Wells-Jensen , Bowling Green State University. Besoek op 19 Junie 2017.
Chomsky het volgehou dit sou onmoontlik vir ’n mens wees om ’n buiteaardse taal natuurlik aan te leer omdat dit heel waarskynlik die universele grammatika wat by mense ingebore is, sou oortree. Mense sou ’n vreemde taal op die stadige wyse van ontdekking moet bestudeer, op dieselfde manier as wat wetenskaplikes navorsing oor ingewikkelde onderwerpe doen.
Die taalkundige Keren Rice stel voor basiese kommunikasie tussen mense en buiteaardse wesens behoort moontlik te wees, tensy “die dinge wat ons dink algemeen is aan taleplasing in tyd [en] ruimte, praat oor deelnemers, ensovoorts, so radikaal anders is dat die menslike taal geen beginpunt daarvoor bied nie.”
Jessica Coon, ’n professor in taalkunde aan die McGill-universiteit in Montreal, is geraadpleeg vir die linguistiese aspek van die rolprent Arrival van 2016. Hoewel sy erken het die grafiese taal in die rolprent is kuns sonder linguistiese betekenis, het sy gesê die prent is ’n redelik akkurate voorstelling van die benadering wat menslike taalkundiges sou gebruik om ’n buiteaardse taal te probeer verstaan.
Laurance Doyle en ander het ’n toepassing van die Wet van Zipf voorgestel vir die opsporing van ’n vreemde taal in die soektog na buiteaardse intelligensie.
Solomon W. Golomb het voorgestel kennis oor baie generasies heen sal opgehoop moet word om die vermoë te verkry om radiosenders of ander toestelle te bou wat interstellêre kommunikasie moontlik maak, of enige ander tegnologie. Golomb het verder geredeneer enige wesens wat in staat is om beskawings te bou moet ’n aangebore begrip hê dat inligting sy betekenis behou ongeag wie dit uitspreek, aangesien dit vereis dat dié wat kennis van ander leer dit kan bly oordra selfs nadat diegene wat die kennis oorspronklik geskep het, dood is. Volgens Golomb sou hierdie vermoë, as ’n noodsaaklike voorwaarde vir die opbou van inligting tot kultuur, aangebore moet wees aangesien iets wat nodig is om kultuur van die begin af te vorm nie ’n gevolg van kultuur kan wees nie. Golomb het aangevoer dit sou ’n gemeenskaplike linguistiese grondslag skep wat mense sou help om buitenaardse tale te leer.
Sien ook Dieretaal
Verwysings
Skakels
Kategorie:Tale Kategorie:Buiteaardse lewe