Die Sultanaat Delhi (Persies: سلطنت دهلی, Salṭanat-i-Dehlī; Hindi: सल्तनत दिल्ली, Saltanat Dillī) was 'n laat-Middeleeuse ryk wat hoofsaaklik gebaseer was in Delhi en vir meer as twee eeue groot dele van die Indiese subkontinent oorheers het. A. Schimmel, Islam in the Indian Subcontinent, Leiden, 1980 Die sultanaat is gestig in 1206 op die vorige Ghuride-gebiede in Indië. Die sultanaat se geskiedenis word oor die algemeen ingedeel in vyf dinastieë: Mameluk (1206–1290), Khalji (1290–1320), Tughluq (1320–1414), Sayyide (1414–1451) en Lodi (1451–1526). Dit het oor groot dele van die huidige lande Indië, Pakistan, Bangladesj, asook enkele dele van Suid-Nepal gestrek.
duimnael|links|Die Qutb Minar (links, begin omstreeks 1200) langs die Alai Darwaza-poortgebou (1311); Qutb Minar-kompleks in Delhi duimnael|links|Die graf van Shah Rukn-e-Alam in Multan, opgerig onder Ghiyas-ud-Din Tughluq in 1320 Die Sultanaat Delhi is gestig deur die Ghurid-veroweraar Muhammad Ghowri, wat die Rajput-konfederasie onder die Ajmer-leier Prithviraj Chauhan tydens die Tweede Slag van Tarain in 1192 verslaan het in 'n omkering van die eerste Slag van Tarain. As 'n opvolgerstaat van die Ghurid-dinastie was die Sultanaat Delhi oorspronklik een van verskeie vorstedomme wat deur slawe-generaals van Muhammad Ghori geregeer is, waaronder Taj al-Din Yildiz, Qutb ud-Din Aibak, Bahauddin Tughril en Nasir ad-Din Qabacha, wat die Ghurid-gebiede geërf en onder mekaar verdeel het. Onder die Khalji- en Tughlaq-heerskappy het 'n nuwe golf van vinnige en voortdurende Moslem-veroweringe diep na Suid-Indië begin. Die Sultanaat Delhi het uiteindelik onder die Tughlaq-dinastie sy grootste geografiese uitbreiding bereik en onder Muhammad bin Tughluq die grootste deel van die Indiese subkontinent beheer. 'n Groot politieke transformasie het regoor Noord-Indië plaasgevind wat aangewakker is deur die Sentraal-Asiatiese koning Timoer se verwoestende plundering van Delhi in 1398, waarop kort daarna die heropkoms van mededingende, na onafhanklikheid strewende Hindoe-moondhede soos die Vijayanagararyk en die Koninkryk Mewar gevolg het, asook nuwe Moslem-sultanate soos die Bengal en Bahmani wat weggebreek het. In 1526 het die Timoeriede-heerser Babur Noord-Indië binnegeval en die Sultanaat verower, waarna dit deur die Mogolryk opgevolg is.
Die stigting van die Sultanaat Delhi het die Indiese subkontinent nouer met internasionale en multikulturele Islamitiese sosiale en ekonomiese netwerke verweef, wat duidelik geword het in die ontwikkeling van die Hindoestani-taal en die Indo-Islamitiese argitektuur. A. Welch, "Architectural Patronage and the Past: The Tughluq Sultans of India", Muqarnas 10, 1993, Brill Publishers, bl. 311-322. J. A. Page, Guide to the Qutb, Delhi, Kolkata, 1927, bl. 2-7. Dit was ook een van min magte wat aanvalle deur die Mongole (deur die Tsjagatai-khanaat) gekeer het Pradeep Barua The State at War in South Asia, , bl. 29-30. en een van min Islamitiese ryke met 'n vroulike heerser: Razia Sultan (1236–1240). Bowering et al., The Princeton Encyclopedia of Islamic Political Thought, , Princeton University Press Daar was geen massa-gedwonge bekering van Hindoes, Boeddhiste of ander Dharmiese gelowiges nie en Hindoe-amptenare en vasalle is geredelik aanvaar. Daar was egter ook gevalle soos Muhammad Khilji se anneksasies wat gebaard gegaan het met grootskaalse ontheiligings van Hindoe- en Boeddhistiese tempels en die vernietiging van universiteite en biblioteke. Gul en Khan (2008) "Growth and Development of Oriental Libraries in India", Library Philosophy and Practice, Universiteit van Nebraska–Lincoln Mongoolse strooptogte in Wes- en Sentraal-Asië het tot eeue se migrasie van vlugtende soldate, intelligentsia, mistici, handelaars, kunstenaars en ambagslui uit hierdie gebiede na die Indiese subkontinent gelei, waarmee die Islamitiese kultuur in Indië gevestig is.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Nepal Kategorie:Geskiedenis van Pakistan