Kourtney Mary Kardashian (gebore 18 April 1979) is 'n Amerikaanse mediapersoonlikheid en sakevrou. Sy is die oudste dogter van Robert Kardashian en Kris Jenner. Kardashian het bekend geword deur die werklikheidsreeks "Keeping Up With The Kardashians" (2007-2021) en verskyn tans in The Kardashians op Hulu. Sy is die stigter van die leefstylhandelsmerk Lemme.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises