Die Noordelike Lyn is een van die vier pendselspoorlyne in die Kaapse metro wat deur Metrorail Wes-Kaap bedryf word, wat die Kaapstad-stasie in die Sentrale Sakegebiede met die noordelike voorstede, sowel as afgeleë dorpe soos Stellenbosch, Somerset Wes, Strand, Paarl en Wellington in die Kaapse Wynlande verbind. Geskiedenis
In 1853 is die Cape Town Railway and Dock Company gestig en het kort daarna goedkeuring gekry om 'n spoorlyn van Kaapstad na Wellington via Stellenbosch te bou. Die eerste sooi is op 31 Maart 1858 omgespit naby aan wat vandag as die Woodstock-stasie bekendstaan. Bouwerk het aan albei kante gevorder. Die lyn is in fases op standaardspoorwydte (4 voet 8½ duim / 1 435 mm) geopen.
Op 13 Februarie 1862 is die eerste gedeelte van die lyn, tussen Kaapstad en Eersterivier, met tussenliggende stasies by Soutrivier en D'Urbanweg (later hernoem na Bellville), geopen. Die gedeelte van die spoorlyn sou later begin bekend staan as die hooflyn. Op 1 Mei 1862 is die spoorlyn tot Stellenbosch geopen. Die volledige lyn tot Wellington is op 4 November 1863 geopen. Die volledige omskakeling na Kaapspoor (3 voet 6 duim / 1 067 mm) is teen ongeveer 1882 voltooi, en standaardspoor is heeltemal laat vaar. Dit het dié standaard vir die meeste spoorweë in Suider-Afrika geword. Die korter spoorlyn via Paarl tot Wellington is tussen die 1870's en 1880's gebou. Die verlenging tot Strand is in 1905 geopen. Tussen November en Desember 1933 is die spoorlyn tot Bellville geëlektrifiseer, met 1500 V GS oorhoofse drade. Die lyn is toe verder in November 1954 tot 3000 V GS geëlektrifiseer. In 1957 is die laaste stoomtreine op die lyn uitgefaseer en Klas 4E-treine het daarna langerafstanddienste oorgeneem. Moderne era In 1990 is die pendelaarspoorbates aan die Suid-Afrikaanse Spoorpendelaarskorporasie oorgedra. Metrorail Wes-Kaap het daarna beheer oor die lyn geneem. Sedert 2010 het die lyn ernstige krissise ervaar met treine wat aan die brand gesteek word, vandalisme, kabeldiefstal, en veiligheidskwessies wat daartoe gelei het dat die diens ineengestort het.
Met die begin van die COVID-19-pandemie in Maart 2020 is treindienste op die spoorlyn gestaak. Die diens op die hooflyn via Century City en Montevista tot Kraaifontein is aan die einde van 2021 heropen. Die diens tot Wellington is in Maart 2022 hervat. In November 2023 is die diens tussen Kaapstad en Strand heropen. Die treindiens tot Stellenbosch is in Maart 2024 heropen. Operasies op die Noordelike Lyn is in November 2025 as ten volle operasioneel gerapporteer. Stasies KaapstadWoodstockEsplanadeSoutrivierYsterplaatKoebergwegKentemadeMaitlandCentury CityWoltemade (nie meer in gebruik nie)Akasia ParkMutualMonte VistaThorntonDe GrendelGoodwoodAvondaleVascoOosterzeeElsiesrivierParowTygerbergBellvilleKuilsrivierStiklandBlackheathBrackenfellMelton RoseEikefonteinEersterivierKraaifonteinFaureLynedochMuldersvleiFirgroveVlottenburgKlapmutsSomerset WesStellenboschPaarlVan der StelDu ToitHuguenotStrandKoelenhofDal JosafatMuldersvleiMbekweniWellington Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Spoorlyne in Suid-Afrika Kategorie:Noordelike Lyn